Die volgende is feite rakende die nimlike Chuck Norris. Ek verkies om nie te sê waar ek aan hierdie feite kom nie, want ek lief die lewe! Verder sou ek graag 'n paar fotos van die man wou plaas, maar AL die Chuck-webwerwe bevat soveel waarskuwings dat ek besluit het ons weet mos almal hoe lyk die man.
Chuck Norris slaap nie. Hy wag.
Hy het eenkeer 'n ganse koek verslind voor sy pelle hom kon vertel daar was 'n ontkleedanseres binne-in....
Daar is mense wat paddaboudjies eet. Chuck Norris eet akkedisboudjies. Dis waar slange vandaan kom.
Toe Chuck Norris op 'n keer 'n Eier McMuffin geweier is omdat hy dit na 11vm bestel het, het hy die plek so hard geskop dat dit toe 'n Maxi's geword het.
Chuck Norris se huis het geen deure nie. Net mure waardeur hy loop.
Wanneer Chuck Norris met 'n man seks het, is dit nie omdat hy gay is nie. Dis omdat hy uit vroumense uit geraak het.
Chuck Norris skryf nie boeke nie. Die woorde versamel vanself. Uit vrees.
As Chuck Norris staan en wieps, is hy daartoe in staat om Titanium daarmee te sweis.
Wanneer Chuck Norris praat, luister almal. En gaan dan dood.
Chuck Norris skeer nie. Hy skop homself in die gesig.
Evolusie bestaan nie. Slegs 'n lys diertjies wat Chuck Norris besluit het mag leef.
Daar is geen ken onder Chuck Norris se baard nie. Net nog 'n vuis.
Chuck Norris dra nie 'n horlosie nie. HY besluit hoe laat dit is.
Chuck Norris kan 'n swaaideur toeklap.
Wanneer Chuck Norris lus is vir springmielies, blaas hy net hard op die staat Nebraska.
Chuck Norris het Mount Everest gebou. Met 'n emmer en 'n grafie.
Chuck Norris is in 'n stewige houthut gebore. Hy het dit met sy eie hande gebou.
Chuck Norris kan sy eie elmboë lek. Albei gelyk.
Chuck Norris kan fotosinteer.
Almal is lief vir Raymond. Behalwe Chuck Norris.
Hou hierdie spasie dop vir meer Chuck-feite!
Hierdie inhoud is bygevoeg op Maandag, 3 Desember 2007. Dankie dat jy 'n draai gemaak het.